Icarus

Berge gemaak vir mis en sneeu en kranse
Vir die wind se wilde danse
En vir klim

Bome gemaak vir stamme en vir blare
Vir geduld en as 'n hawe
Vir 'n kind so ver daarbo

Icarus, te naby aan die son
Jy het gedink jy kon
En verloor jou trotse vlerke

Icarus, onvolmaak en stom
Moet ek en jy van onder af op ander vleuels
Eindelik bo kom

Wolke gemaak vir reën en hoop en skadu
Vir koelte wat niks vra nie
Net om op te kyk

Sterre gemaak vir maan en vir planete
Vir lig en vir komete
In die nag so ver daarbo

Icarus, te naby aan die son
Jy het gedink jy kon
En verloor jou trotse vlerke

Icarus, onvolmaak en stom
Moet ek en jy van onder af op ander vleuels
Eindelik bo

Icarus, te naby aan die son
Ons het gedink ons kon
En smelt ons trotse vlerke

Icarus, op die heup geslaan en krom
Moet ek en jy van onder af op ander vleuels
Eindelik tuis kom

Curiosidades sobre la música Icarus del Anneli Van Rooyen

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “Icarus” por Anneli Van Rooyen?
Anneli Van Rooyen lanzó la canción en los álbumes “Ek Lewe” en 2007 y “Treffers Op Versoek” en 2009.

Músicas más populares de Anneli Van Rooyen

Otros artistas de Afrikaans