Ek En Jy

Soms wil ek sirkel tussen wolke verdwaal
Ver bo die aarde ‘n bietjie uitsig gaan haal
Van bo af lyk die groot probleme so klein
Maar ek wil terugkom waar jou lig vir my skyn

Want jy’s die toring van krag wat my vashou
Rigting in storms en son
My aanloopbaan my huis toe gaan
Landingstrook van my hart

Soms as die Melkweg soos ‘n vriend vir my wag
Kry in drome ver verby die soom van die nag
Hier in die neuwels van ‘n aard se bestaan
Bly jy ‘n baken waarheen ek terug kan gaan

Want jy’s die toring van krag wat my vashou
Rigting in storms en son
My aanloopbaan my huis toe gaan
Landingstrook van my hart

Toring van krag wat my vashou
Rigting in storms en son
My aanloopbaan my huis toe gaan
Landingstrook van my hart

Toring van krag wat my vashou
Rigting in storms en son
My aanloopbaan my huis toe gaan
Landingstrook van my hart
Landingstrook van my hart

Músicas más populares de Anneli Van Rooyen

Otros artistas de Afrikaans