Daar's Musiek

Luister na die klanke vrolik deur die strate
Hier’s ‘n raak gedagte gooi weg elke klagte
Meng ‘n handvol note roer ‘n bietjie ritme
Skink ‘n paar woorde en sing dan die deuntjie saam

Skommel nog ‘n bietjie dor met die liedjie
Draai en swaai die note soek nog ‘n paar woorde
Trap die dans ‘n slaggie sal’ie vir jou lag’ie
Skud reg jou vere daar’s nog baie kere

Om in beperkte spasie te soek na inspirasie
Hoef nie veel te raas nie mis net nie die kans nie
Dis die ware Jakob hou op om oor probleme te tor

Daar’s musiek in die wind en die asem van lewe
Daar’s musiek in die son en die klap van my hand
Luister net mooi daar’s musiek oral om ons en
‘n Donkerte weg sal kan neem
Daar’s musiek wat lewe kan gee aan elke een

Tokkel op die snare blaas ‘n mooi fanfare
Speel die pennie fluitjie wikkel met die wysie
Laat die klawers rondspring ja nou kan ons saamsing
Klits daardie dromme en tol in die ronde

O luister na die klanke vrolik deur die strate
Hier’s ‘n raak gedagte gooi weg elke klagte
Dis die ware Jakob hou op om oor probleme te tor

Daar’s musiek in die wind en die asem van lewe
Daar’s musiek in die son en die klop van my hart
Luister net mooi daar’s musiek oral om ons en
‘n Donkerte weg sal kan neem
Daar’s musiek wat lewe kan gee aan elke een

Daar’s musiek in die wind en die asem van lewe
Daar’s musiek in die son en die klop van my hart
Luister net mooi

Daar’s musiek in die wind en die asem van lewe
Daar’s musiek in die son en die klop van my hart
Daar’s musiek om ons hier
‘n Donkerte weg sal kan neem
Daar’s musiek wat lewe kan gee aan elke een

Curiosidades sobre la música Daar's Musiek del Anneli Van Rooyen

¿Cuándo fue lanzada la canción “Daar's Musiek” por Anneli Van Rooyen?
La canción Daar's Musiek fue lanzada en 2009, en el álbum “Treffers Op Versoek”.

Músicas más populares de Anneli Van Rooyen

Otros artistas de Afrikaans