Aai Aai Meraai

Het jy al gehoor van die storie van Antjie en haar eggenoot?
En die vuisslanery by Hoekombaai waar die hare soms kon waai
Die liefdesdriehoek het daar begin sonder dat Antjie dit kon raai
Piet was darem tog die prokureur maar die tikster was Meraai

Aai aai Meraai
Die tikster van Hoekombaai
Aai aai aai Meraai
Haar liefde het haar verraai

Wel Piet was ryk en het ‘n sport kar gehad en meisies het kamtig kom vra om raad
Antjie het haar kans geduldig afgewag om hom net eenmaal op heterdaad te trap
En een aand terwyl die skemer daal Piet was laat glo werk om in te haal
Het Antjie besluit om ‘n draaitjie te gaan ry en toe vang sy Piet en Meraai aan die vry

Aai aai Meraai
Die tikster van Hoekombaai
Aai aai aai Meraai
Haar liefde het haar verraai

Meraai en Piet was sprakeloos Antjie was regtig baie boos
Toe dam sy maar die tweetjies by ‘n opstopper kon jy nêrens beter kry
Ja Antjie is toe weg sak en pak Meraai sit vandag nog op die rak
Piet is alleen hy’s afgedank hy slaap op ‘n bank in Joubertpark

Aai aai Meraai
Die tikster van Hoekombaai
Aai aai aai Meraai
Haar liefde het haar verraai

Aai aai Meraai
Die tikster van Hoekombaai
Aai aai aai Meraai
Haar liefde het haar verraai

Curiosidades sobre la música Aai Aai Meraai del Anneli Van Rooyen

¿Cuándo fue lanzada la canción “Aai Aai Meraai” por Anneli Van Rooyen?
La canción Aai Aai Meraai fue lanzada en 1999, en el álbum “Ek Wil Jou Ken”.

Músicas más populares de Anneli Van Rooyen

Otros artistas de Afrikaans