Vergaan

Ek weet al lankal hoe ek voel
Maar as ek daaroor dink is daar te veel twyfel
En jy sê al lankal wat jy bedoel
So sê my wat jy dink van die gevoel?

Want ek sal vir jou wag soos winter vir Junie
En ek sal jou mis soos die son vir die maan
Ek kan nie wag om jou onder die reën te soen nie
En met jou dans tot ons altwee vergaan
Tot ons altwee vergaan

Elke keer voel dit of weerlig slaan
Soos die eerste keer wat jy by my staan
En ek hoop ek sien jou weer vanaand
Maar as jy dit dalk mis sal ek verstaan

Want ek sal vir jou wag soos winter vir Junie
En ek sal jou mis soos die son vir die maan
Ek kan nie wag om jou onder die reën te soen nie
En met jou dans tot ons altwee vergaan
Tot ons altwee vergaan

Reënweer, hartseer, ek is daar
Steel my asem soos ek val
Ek gee jou als van my, jy't my mal
So sê my wil jy ook val?

Want ek sal vir jou wag soos winter vir Junie
En ek sal jou mis soos die son vir die maan (Ek kan nie)
Ek kan nie wag om jou onder die reën te soen nie
En met jou dans tot ons altwee vergaan
Tot ons altwee vergaan

Reënweer, hartseer, ek is daar (Ek is daar, ek is daar)

Músicas más populares de Tasha

Otros artistas de Indie rock