Kruidjie Roer My Nie
Jy's 'n bondeltjie liefde as ons donkiekar ry
En die stadsliggies waai ver by ons verby
Jou oë is so mooi en my hart is die prooi
My hart in die weegskaal reg in my kraal
My hart in die weegskaal reg in my kraal
Kruidjie roer my nie
Dis die naam wat jou vriende jou noem
Maar kruidjie roer my nooit weer nie
Dis hoe ek voel as ek jou soen
In 'n huis, paleis
Pondok of 'n hok
Met jou aan my sy gaan die wêreld verby
Liefde het sy flikkertjie flikker gegooi
En die hart binne my 'n gewillige prooi
Die hart binne my 'n gewillige prooi
Kruidjie roer my nie
Is die naam wat jou vriende jou noem
Maar kruidjie roer my nooit weer nie
Dis hoe ek voel as ek jou soen
Jy's 'n bondeltjie liefde as ons donkiekar ry
En ek speel konsertina vir jou en vir my
Wat maak alles saak waar ons twee gaan bly?
In Waterkloofrif of langs Paddafontein
Ja in Waterkloofrif of langs Paddafontien
O kruidjie roer my nie