Ek wil

Ek wil n lied sing
Dat alles omskryf
Die klank van die stilte
In die sosusvlei
Ek wil ry in die karroo
En die son sien sak
Ek wil drie mooi susters
Wat daar op my wag

Ek wil n resensent
Wat oor my skryf
Hoe lekker ek sing
So los uit my lyf
Ek wil alles en niks
Saam en solo
Ek wil voel soos n walvis
In die limpopo

Ek wil ek wil ek wil
Dat al die mense
Heel die wereld van my hou
Ek wil naar parys
En ek wil

Ek wil reis rond die wereld
Om huis toe te gaan
Ek wil praat met n vreemde
Om myself te verstaan
Ek wil n plek in infanta
N kasteel in die lug
Ek wil woon in n dorp
Met die naam van geluk

Ek wil leef soos n held
In n wonderlik boek
Veg met n monster
En vind wat ek soek
Ek wil musiek hoor
Wat my raak
Ek wil lief wees
Vir wie my haat

Ek wil ek wil ek wil
Ek wil dat al die mense
Heel die wereld van my hou
Ek wil naar parys in die vrystaat
En ek wil ek wil met jou trou

Ek wil leef van die lug
Loop langs die strand
Ek wil lees wat die lyne
Vertel in jou hand
Ek wil jou nie besit nie
Ek wil jou nie hê
Ek wil saam met jou loop
Ek wil langs jou lê

Ek wil ek wil ek wil
Dat al die mense
Heel die wereld van my hou
Ek wil naar parys en
Ek wil nie dood nie en
Ek wil bobotie
En ek wil dit nou en ek
Ek wil met jou trou

Curiosidades sobre la música Ek wil del Stef Bos

¿Cuándo fue lanzada la canción “Ek wil” por Stef Bos?
La canción Ek wil fue lanzada en 2010, en el álbum “Kloofstraat”.

Músicas más populares de Stef Bos

Otros artistas de Forró