Daai Blou Kitaar

Van ek klein is praat musiek en note van my hart
Die wysies het my goed verstaan was deel van my verstand
My pa het altyd breed gelag my ouma se klavier
Is al wat ek ge-erf het dit was myne ek was vier maar op daai blou kitaar was ek verlief

Speel daai blou kitaar streel haar sag elke snaar
Speel daai blou kitaar so maak sy ons drome waar

Later toe ek ouer word was platum net vir my
Richards en die Rolling Stones my deurnag deur bevry
Garry Moor se Silvia en Rogers se Lucille
Die liedjies was soos liefdes poems van smagting en verniel op daai blou kitaar was ek verlief

Speel daai blou kitaar streel haar sag elke snaar
Speel daai blou kitaar so maak sy ons drome waar

Met jou blou kitaar word ek verlei elke snaar
Met jou blou kitaar so speel jy my drome waar

Jy het dit ek luister jy sing net vir my
Donkernag fluister jy weet dis net jy
Jy speel ek sing ons word een met mekaar
Sê net my naam en jy weet ek is daar

Vir jou blou kitaar kom speel nou my drome waar

Speel daai blou kitaar streel haar sag elke snaar
Speel daai blou kitaar so maak jy ons drome waar

Met jou blou kitaar speel jy my drome waar

Músicas más populares de Sarah Theron

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)