Spurliedjie
Ek eet by die Spur want ek hou van hulle ribs
Dis op special dis net 89 rands
Maar ek like ook hulle wings dis van regte buffalo
Lekker spicy maar ek like dit ook plein
Ek like ook hulle burgers double cheese of cheddamelt
Met ‘n slaptjip en ‘n lekker onion ring
En ek like die salad bar ek skep ‘n hengse groot bord
En ek wys die waiter sharp dis 10 uit 10
Ek hou van die Spur want ek hou van hulle milkshakes
Bubblegum vanilla chocolate
Ek hou van hulle pudding van ‘n wafel tot ‘n malva
Van ‘n kaaskoek tot ‘n peppermint crisp
Ek hou van die Spur want hulle waitress’s is sexy
Knip nou en dan vir ‘n man oog
Dan voel ‘n man goed soos daai Indian op die prentjie
Tough met sy pyl en boog
Welkom by Dakota Spur gaan na Missouri toe
Welkom by die Lonehawk Spur gaan na Oakridge toe
Indianapolis Texarkana San Antonio Santa Rosa
Arapaho Thunder Ridge Golden Feather Eagle Eye
Ek hou van die Spur
Hulle ablusies is skoon ‘n man kan lekker rustig sit en poef
Terwyl jy wag vir jou kos of as jy klaar geeët het
Wag vir jou woefkardoes
Ek hou van die Spur
Want hulle krippe is skoon dit ruik lekker met daai blou pepperment
Jy wil hom amper vat en in jou mond indruk
Inruil vir ‘n vyftigsent
Welkom by Dakota Spur gaan na Missouri toe
Welkom by die Lonehawk Spur gaan na Oakridge toe
Indianapolis Texarkana San Antonio Santa Rosa
Arapaho of Thunder Ridge Golden Feather Eagle Eye
Los jou kinders by die huis
Of vat hulle saam
Kies vir jou ‘n Spur met enige naam
Van Durban tot in die Kaap Gauteng tot in die bos
Soek vir jou ‘n Spur en maak jou bolle los
Ek hou van die Spur hulle laat jou welkom voel
Jy kan baie maklik dink jy’s by jou huis
Dan stap jy na jou kamer om ’n uiltjie te knip
En dan beland jy in die Spur se kombuis
Ek hou van die Spur want hulle tafels is skoon
Jy kan amper jouself daarin sien
En die waiters is vriendelik hulle kyk jou in die oë
En dan begin hulle jou bedien
Welkom by Dakota Spur gaan na Missouri toe
Welkom by die Lonehawk Spur gaan na Oakridge toe
Indianapolis Texarkana San Antonio Santa Rosa
Arapaho of Thunder Ridge Golden Feather Eagle Eye
Sacramento South Dakota Thunder Valley Eagle Rock
Burning Arrow Silver Peak Apache River Mystic Creek