Patrick Lambie

Daar staan hy rotsvas
Soos ‘n luiperd op die veld
En die hele skare skree vir hom
Want hy is hulle held

Hy kan skop en hartloop duik en pass
Pale drop en place
Nou sê hy cheers vir oulaas
Groetnis van huis tot huis

Hy’s ‘n regte Boklegende
‘n Yster in sy tyd
Ons sal hom nooit kan vervang nie
Hy sal skyn in ewigheid

‘n Springbok en ‘n Shark
Ambassadeur op die veld
Ons groet vir Patrick Lambie
'n Legende en ‘n held
Ons groet vir Patrick Lambie
‘n Legende en ‘n held

Hy’s ‘n boytjie van Natal
Hy het altyd als gegee
Van Loftus tot op Kingspark
Als met elke tree

Hy sou vasbyt tot die einde
‘n Yster in sy tyd
Nooit vir niemand terugstaan
Sy lese was vasbyt

Met ‘n aftrap of ‘n skippass
‘n Fophand gee of drop
Altyd iets besonders
Nooit gee hy op

Ons onthou hom in sy Boktrui
Ons onthou hom by die Sharks
Waarokal hy opdraf
Was daar altyd om hom sparks

Hy’s ‘n regte Boklegende
‘n Yster in sy tyd
Ons sal hom nooit kan vervang nie
Hy sal skyn in ewigheid

‘n Springbok en ‘n Shark
Ambassadeur op die veld
Ons groet vir Patrick Lambie
'n Legende en ‘n held
Ons groet vir Patrick Lambie
‘n Legende en ‘n held

Al draf hy nooit weer op nie
Al kom hy nooit weer terug
Nooit sal ons vergeet nie
Hoe hy ‘n span kon lig

Met sy entoesiasme
En sy passie vir die spel
Bly hy vir altyd
Diep onder ons vel

Staan ons vir oulaas
‘n Nasie saam as een
Ons staan saam op aandag
In droogte of in reën

Ons groet jou met die Volkslied
Jy’t dit lank vir ons gesing
Aan jou opgedra Pat Lambie
Ons wil jou hulde bring

Hy’s ‘n regte Boklegende
‘n Yster in sy tyd
Ons sal hom nooit kan vervang nie
Hy sal skyn in ewigheid

‘n Springbok en ‘n Shark
Ambassadeur op die veld
Ons groet vir Patrick Lambie
'n Legende en ‘n held

Hy’s ‘n regte Boklegende
‘n Yster in sy tyd
Ons sal hom nooit kan vervang nie
Hy sal skyn in ewigheid

‘n Springbok en ‘n Shark
Ambassadeur op die veld
Ons groet vir Patrick Lambie
'n Legende en ‘n held
Ons groet vir Patrick Lambie
'n Legende en ‘n held

Músicas más populares de Robbie Wessels

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)