Madelein

Jy, en jou oë
En jou lag
Deur jou trane

Jy, en jou hart
Wat jy dra
Op jou moue nog al die jare

Madelein, Madelein
Daar's te veel mense
In die wêreld tussen jou en my

Madelein, Madelein
Daar's te min sterre
In die hemel om op te wens vir ek en jy

Met jou skoene
In jou hand
En die rok wat jou ma gemaak het

Jy, en jou siel
Wat jy verkoop het
Aan die eerste engel wat opgedaag het

Madelein, Madelein
Daar's te veel mense
In die wêreld tussen jou en my

Madelein, Madelein
Daar's te min sterre
In die hemel om op te wens vir ek en

En ja, ek droom
Ek droom ek soen jou, soen jou
Ek soen jou, soen jou

Vir jou in die somer
Met my hande in jou hare
Ek en jy, deurmekaar en deurmekaar en deurmekaar

Vir jou, op jou mond
Met jou naam
Op my lippe

Vir jou, op jou hand
Oor jou hart
Met jou vingers pas oor al die stukke

Madelein, Madelein
Daar's te veel mense
In die wêreld tussen jou en my

Madelein, Madelein
Hoe kan ek vir jou sê
Daar's 'n plek hier in my
In my hart
Waar ek nog droom van jou

Músicas más populares de Ricus Nel

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)