Plaaskinders
My tannie het ‘n plaas
Sy boer met hoenders
Die trekkers maak geraas
In die mielielande
Kleiosse en kleilat gooi kaalgat swem en kattekwaad
Dis alles wat ons
Alles wat ons
Plaaskinders maak
In die oggend stap ons skool toe
Ons voete in die mis
Ons het elke oggend die bus gemis
Kleiosse en kleilat gooi kaalgat swem en kattekwaad
Alles wat ons
Alles wat ons
Plaaskinders maak
Ek verlang na goudgeel gras
Kosmos in die veld
Ek verlang na Ouma se kos
En spookstories wat my Oupa vertel
Ja dis alles wat ons
Alles wat ons
Plaaskinders maak
Ya dis alles wat ons
Alles wat ons
Plaaskinders maak
Bok-bok en kennetjie
‘n Kettie in die sak
En ‘n spoelklippie
Kleiosse en kleilat gooi kaalgat swem en kattekwaad
Alles wat ons
Alles wat ons
Plaaskinders maak
Ek verlang na goudgeel gras
Kosmos in die veld
Ek verlang na Ouma se kos
En spookstories wat my Oupa vertel
Ja dis alles wat ons
Alles wat ons
Plaaskinders maak
Ja dis alles wat ons
Alles wat ons
Plaaskinders maak
Ek verlang na goudgeel gras
Kosmos in die veld
Ek verlang na Ouma se kos
En spookstories wat my Oupa vertel
Ja dis alles wat ons
Alles wat ons
Plaaskinders maak
Ja dis alles wat ons
Alles wat ons
Plaaskinders maak