Vat My Saam

Is jy opsoek na vrede?
Is jy opsoek na rus?
Is jy opsoek na vrae waarook die antwoord is

Verdwaal jy in ‘n wêreld
Waar tyd jou droom verblind?
Bied droë spruite alles wat jy vind?

Kan jy my vat tot bo waar tyd my nie kan pla?
Al lê dit daar ver anderkant die oseaan
Selfs al lê dit verder as die maan sal ek gaan
Selfs al lê dit dieper as ‘n traan
Sal die holtes in jou hart dit kan bewaar?

Wil jy nog hier bly vaskleef?
Wil jy nog hier bly staan?
Wil jy nog hier bly vashou aan dinge wat vergaan?

Wat is vir jou ‘n toevlug?
En waarso lê jou hoop?
Dis 'n wind waai oor die spore waar jy loop

Kan jy my vat tot bo waar tyd my nie kan pla?
Al lê dit daar ver anderkant die oseaan
Selfs al lê dit verder as die maan sal ek gaan
Ja selfs al lê dit dieper as ‘n traan
Sal die holtes in jou hart dit kan bewaar?

Om my samel is dit more
Om my samel is dit nou
In my sametyd kan stilstaan
Vat my net saam met jou

Dink jy soms aan gister?
Dink jy soms aan my?
Onthou jy toe ons saam was waar tyd ons nooit kon kry?

En nou dat dit verby is
Lyk ons wêreld kaal
Lank tyd het ons mooi wêreld ingehaal

Kan jy my vat tot bo waar tyd my nie kan pla?
Al lê dit daar ver anderkant die oseaan
Selfs al lê dit verder as die maan sal ek gaan
Ja selfs al lê dit dieper as ‘n traan
Sal die holtes in jou hart dit kan bewaar?

Kan jy my vat tot bo waar tyd my nie kan pla?
Al lê dit daar ver anderkant die oseaan
Selfs al lê dit verder as die maan sal ek gaan
Selfs al lê dit dieper as ‘n traan
Sal die holtes in jou hart dit kan bewaar?

Músicas más populares de Pieter Smith

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)