My hart verlang na die Boland
My hart verlang na die Boland
Waar die blou blou berge troon
Waar reuse kranse en klowe
Hulle trots en skoonheid toon
O, blou berge van die Boland
Met jou goud getinte kruin
Waar protea en die heide
Kleur die berg se blomme tuin
My hart verlang na die Boland
Waar die blou blou berge troon
O, blou berge van die Boland
Met jou goud getinte kruin
Waar protea en die heide
Kleur die berg se blomme tuin
My hart verlang na die Boland
Waar die blou blou berge troon
My hart verlang na die nooientjie
Wat doer in die Boland woon
Die mooiste nooi van die Boland
Pragtig blompie rein en skoon
O nooientjie lief van die Boland
Met jou oë lieflik blou
Van al die Boland se skoonheid
Brand my hart die meest na jou
My hart verlang na die Boland
Waar die blou blou berge troon
Waar reuse kranse en klowe
Hulle trots en skoonheid toon
O, blou berge van die Boland
Met jul goud getinte kruin
Waar protea en die heide
Kleur die berg se blomme tuin
My hart verlang na die Boland
Waar die blou blou berge troon