Erens [Live]

Gedagtes en woorde lê êrens
Gesigte wat my net aan jou laat dink
En spore waar jy was lê nêrens
En êrens is waar ek jou sal kan vind

Sê my êrens
Is jy dan nêrens?
Dit voel vir my soms asof jy ver is
En êrens is waar ek jou mis
En êrens is waar jy jou spore rus

Beloftes wat deur jou gemaak is
Is alles maar net kort daarna vergeet? (Ja is alles kort daarna vergeet?)
Maar jou woorde wat nou in die wind rus
Is woorde wat net êrens van sal weet

Sê my êrens
Is jy dan nêrens?
Dit voel vir my soms asof jy ver is
En êrens is waar ek jou mis
En êrens is waar jy jou spore rus
En êrens is waar jy jou spore rus

En dit wat jy vergeet het
O en dit wat jy onthou
Ja as ons dit wat jy nog oor het
Dit ook êrens nog behou

Sê my êrens
Is jy dan nêrens?
Dit voel vir my soms asof jy ver is
En êrens is waar ek jou mis
En êrens is waar jy jou spore rus
En êrens is waar jy jou spore rus
En êrens is waar jy jou spore rus
En êrens is waar jy jou spore rus

Músicas más populares de Pieter Smith

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)