My Broer
Kyk nou oor jou lewe na ons gevat
Party mense loop die reguit pad
Ander mense hou meer
Van die wind en die weer en daai rooi nag trein
Sien ek my broer
Hy kom aan in die verte
En ek weet
Hy kom my haal
Hy sal nooit vra
Was ek reg of verkeerd nie
Want hy weet al klaar
Hier sit ek in Potgieterstraat
En ek wag op parool
En hulle hoop die Magistraat
Weet dis 'n harde skool
Maar dis niemand se skuld
Want hoeveel keer hoeveel keer
Moet dit weer gebeur?
Sien ek my broer
Hy kom aan in die verte
En ek weet hy kom my haal
Hy sal nooit vra
Was ek reg of verkeerd nie
Want hy weet al klaar