Sluimer Beminde [Duet]
Kom sluimer as ruimer die winde beminde, oor nagt'like vertes verdwaal
Kom rus aan my boesem tot skigte van ligte die hemel se wydtes bestraal
Al wemel die hemel van sterre daar ver wat wag oor die donkertes hou
Tog waak ek gedurig as wolke in kolke die uitsig besluier vir jou
Al wemel die hemel van sterre daar verre wat wag oor die donkertes hou
Tog waak ek gedurig as wolke in kolke die uitsig besluier vir jou
Die klagte van nagte laat bome in drome in nare gedaantes verroer
Tot skimme fatsoene, die donker deurflonker en deur die gordyne kom loer
Die nare gevare daar buite die ruite sal tog nie my liefste kan deer
Want dwars deur die huiling van winde beminde, is by jou my liefde so teer
My liefde so teer
My liefde so teer
My liefde so teer
My liefde so teer
So teer
My liefde so teer, so teer