Op My Pad

Ek het 'n stem wat wil gehoor word
Ek het 'n hart wat soek
Ek het iets hier binne my
Ek het 'n ongeskryfde boek

Ek het 'n onvoltooide reis
Ek het 'n ver pad gestap
En ek vind 'n huis
Waar ook al my voetspore my vat

Nou en dan verloor ek my pad
In die storm sonder 'n kompas
Weet nooit waar die spore my vat of
Wat lê voor daar op my pad

Ek het iets wat ek wil sê
Ek het iets om te bewys
Niemand weet hoe lank's die lewe
Of hoe kort is die reis

Ek het 'n ver pad gekom
Ook in die duisternis beweeg
Waar ook al ek nou is
Is waar ek wil wees

Nou en dan verloor ek my pad
In die storm sonder 'n kompas
Weet nooit waar die spore my vat of
Wat lê voor daar op my pad?

Ek's jammer jy weet ek moes gaan
Dit was 'n baie lang harde moeilike jaar
Miskien kry ek jou daar
Op my pad, op my pad

Nou en dan verloor ek my pad
In die storm sonder 'n kompas
Weet nooit waar die spore my vat of
Wat lê voor daar op my pad?
Wat lê voor daar op my pad?

Wat lê voor daar op my pad?

Músicas más populares de Loki Rothman

Otros artistas de Pop rock