Volmaan
Ek was gevind maar verlore
Ek was al hier van tevore
En dit speel weer voor my af en ek weet hoe dit gaan eindig vanaand
Jy kan maar weet, daar’s geen woorde
Al die praat is nou verbode
Hou my vas en trek my nader eerder nou as bietjie later vanaand
Is dit die volmaan wat my so onkant vang
Is dit die stille nag wat soos soene val
Gaan ons maar eerder lê
Ek wil saam met jou onder die sterre lê (Onder die sterre lê)
Is dit die aanhou hoop wat so om ons loop
Is dit die stad se raas wat ons mis vanaand

Dit verskyn uit die nêrens
Dis nou dit kom van êrens
Dis ‘n wete met verskil, dis ‘n wil‐jou‐nooit‐weer‐los‐nie gevoel
Is dit die volmaan wat my so onkant vang
Is dit die stille nag wat soos soene val
Gaan ons maar eerder lê
Ek wil saam met jou onder die sterre lê (Onder die sterre lê)
Is dit die aanhou hoop wat so om ons loop
Is dit die stad se raas wat ons mis vanaand
Gaan ons maar eerder lê
Ek wil saam met jou onder die sterre lê (Onder die sterre lê)
En dit maak nie regtig sin nie, weet nie waarom te begin hoe ek voel oor jou (Hoe ek voel oor jou)
Is ons liefde net 'n oomblik wat sal ophou in 'n oogwink as ek praat met jou
Is dit die volmaan wat my so onkant vang
Is dit die stille nag wat soos soene val
Gaan ons maar eerder lê
Ek wil saam met jou onder die sterre lê
Is dit die aanhou hoop wat so om ons loop (Om ons loop)
Is dit die stad se raas wat ons mis vanaand (Ons mis vanaand)