Winterure
’n Duisternis fluister oor die see in die winterure
Die ontroosbare matroos droom vae gedagtefigure
Sorg dat die soet see se beloftes my nie dreig
Dan hoef ek nie my seile te laat styg
Jy hoef nie die son te wees as hy die nag verdun nie
Of die reën as dit begin nie
Jy hoef nie die vonkelvloei van watervloei te wees
Wees maar net die hoop van my vrees
Die koue soen van die die seisoen is die mens se geskenk
Woorde val wat oumense herinner aan herdenking
Beloof dat jy ’n ou droom van die nuwes sal kan maak
Dan hoef ek nie die wind weer aan te raak
Jy hoef nie die son te wees as hy die nag verdun nie
Of die reën as dit begin nie
Jy hoef nie die vonkelvloei van watervloei te wees
Wees maar net die hoop van my vrees
Die aand omhels die skoorsteen waar die vuur gesterf het
Die stad se lig is ’n blink gesig vir die wat geswerf het
Bly maar net my kers want plek en tyd is wreed
Dan is ek vir die vreemde dag gereed