Toemaar Die Donker Man

Op die groen voetpad van die horison ver om die aarde skat
Stap 'n ou man wat 'n oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
Jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat en 'n rug gebuk aan sy jare
En 'n rug gebuk aan sy jare

Wat maak hy, mammie
Wat maak hy, mammie

Hy roep die kriekies, hy roep die swar, stilte wat sing soos die biesies
My hart en die sterre wat klop, tok-tok liefling
Soos die klein tok-tokkies in hul fyn-ver kring
Die sterre wat klop, tok-tok liefling
Soos die klein tok-tokkies in hul fyn-ver kring

Wat is sy naam, mammie
Wat is sy naam, mammie

Sy naam is Sjuut, sy naam is Slaap, meneer Vergeet uit die land van vaak
Sy naam is Toemaar, hy heet my lam, toemaar, die donker man
Toemaar, die donker man

Mammie
Toemaar, die donker man

Mammie
Toemaar, die donker man

Mammie

Curiosidades sobre la música Toemaar Die Donker Man del Laurika Rauch

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “Toemaar Die Donker Man” por Laurika Rauch?
Laurika Rauch lanzó la canción en los álbumes “19 Treffers van 21 jaar” en 1999 y “sing die liedjies uit: Stuur Groete aan Mannetjies Roux” en 2011.

Músicas más populares de Laurika Rauch

Otros artistas de Schlager music