Stille Waters

Jy’t gesê ons liefde
Sal bly staan
Al tuimel al die berge
In die oseaan
Doen vir my ‘n gunsie
Voor jy gaan
Gooi vir my ‘n klippie
‘n Klippie in die oseaan

Wie sal ooit die liefde
Kan verstaan
Nader as ‘n hartklop
Verder as die maan
Daar is ‘n tyd van kom
En ‘n tyd van gaan
Dit het ek gelees maar
Hoe sal ek dit ooit verstaan

En kyk hoe sak
Die sekelmaan
In die stille oseaan
Stille waters, diepe grond
Onder draai die duiwel
Onder draai die duiwel rond

Miskien is liefde net ‘n fantasie
Dis nie alles maanskyn en rose nie
Jy was vir ‘n rukkie
Aan my sy
Was jy net ‘n bietjie
Net ‘n bietjie lief vir my

Miskien is daar ‘n plek vir ons twee saam
Anderkant die berge
Van die maan
En as die maan weer opkom
Sal ek onthou
Ek was vir ‘n rukkie
Ook ‘n bietjie lief vir jou

Ek was vir ‘n rukkie
Ook ‘n bietjie lief vir jou

Curiosidades sobre la música Stille Waters del Laurika Rauch

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “Stille Waters” por Laurika Rauch?
Laurika Rauch lanzó la canción en los álbumes “Die Gang” en 1992, “Grootste Treffers, Volume II” en 1996, “19 Treffers van 21 jaar” en 1999, “My Ou Tante Koba” en 2004 y “sing die liedjies uit: Stuur Groete aan Mannetjies Roux” en 2011.

Músicas más populares de Laurika Rauch

Otros artistas de Schlager music