Onder Jou Asem

Ek het jou benader op jou seepkis op jou boeg
Jy het my verower maar ek moes vir jou swoeg
Wie was jy toe ek jou kry met jou wêreld op sy plek
Wonder jy wat ons sou maak, het jou weerstand my getraak

O, jy’s my swak punt, groot begeerte
O, lei my na jou groot begeerte
O, wys my wie’s jy groot begeerte

Ek het jou verafgood in ons kamer op ons bed
Jy het my verower, ek dag ek sê maar net

O, jy’s my swak punt, groot begeerte
O, lei my na jou groot begeerte
O, wys my wie’s jy groot begeerte

O, onder jou asem
O, onder jou wese is ek
O, onder jou asem
O, onder jou wese word ek

O, onder jou asem
O, onder jou wese is ek
O, onder jou asem
O, onder jou wese word ek tuis

Lank was ons tesame, lank was ons alleen
Jy en ek en ek en jy, ek dink aan ons aaneen
Ek het jou benader op jou seepkis op jou boeg
Wonder jy wat ons sou maak, het jou weerstand my getraak

Curiosidades sobre la música Onder Jou Asem del Laurika Rauch

¿Cuándo fue lanzada la canción “Onder Jou Asem” por Laurika Rauch?
La canción Onder Jou Asem fue lanzada en 2004, en el álbum “My Ou Tante Koba”.

Músicas más populares de Laurika Rauch

Otros artistas de Schlager music