My Ou Tante Koba

My ou tante Koba
Klink effens kwaai
Wanneer kom maak ons by hulle weer ‘n draai
Maar waar bly Tannie
Het ek gevra
Anderkant Noupoort
Duskant De Aar

My ou tante Koba sê ek kan maar loer
Sy sal haar koffie met ‘n lepel roer
Ry verby Laignsburg en Beaufort-Wes
Ma het ‘n mandjie
Pa het ‘n fles

En my voete wil weer dans, en my lippe wil weer sing
Die vreudge wat jy gee, brei uit in ‘n kring
‘n Reis deur die verlede sal ook hartseer bring
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing

My ou tante Koba
Het soms gemeen
Die son sal weer skyn, maar dit moet eers reën
Veral op Grasbult, het sy gevra
Dis anderkant Colesberg
Duskant De Aar

Sy’s besig om lusern
Lusern te saai
Sy sê nie eers hallo nie, maar sy sê ook nie goodbye
Sy skink sjampanje
En gemmerbier
Die tafel’s gedek
Langs ‘n rivier

En my voete wil weer dans, en my lippe wil weer sing
Die vreudge wat jy gee, brei uit in ‘n kring
‘n Reis deur die verlede sal ook hartseer bring
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing

Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing

Aan die einde het tant Koba
Baie stil gelê
Ek sien reeds vier perde
Het ek haar hoor sê
Scatter my ashes
Het sy gevra
Anderkant Steynsburg
Duskant De Aar

En my voete wil weer dans, en my lippe wil weer sing
Die vreudge wat jy gee brei uit in ‘n kring
‘n Reis deur die verlede sal ook hartseer bring
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing

Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing

Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing
Maar my voete wil nou dans en my lippe wil nou sing

Curiosidades sobre la música My Ou Tante Koba del Laurika Rauch

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “My Ou Tante Koba” por Laurika Rauch?
Laurika Rauch lanzó la canción en los álbumes “My Ou Tante Koba” en 2004 y “sing die liedjies uit: Stuur Groete aan Mannetjies Roux” en 2011.

Músicas más populares de Laurika Rauch

Otros artistas de Schlager music