Ek Maak Net Soos Ek Wil

As my wrak tog kan loop en die pad is oop en die lewe lê alkant te koop
En ek’t ‘n rand of tien en wie weet miskien nog ‘n paar hier of daar, wie weet waar
Dan vat ek die pad na die bose ou stad want hy’s grys en wys en hy’s gou
En die naald bly dwaal en so regs van nul want ek maak net soos ek wil

Ek’t ‘n jaar lank gewerk as ‘n derde klerk dis weer tyd om ‘n iets te geniet
Want ‘n week se swoeg maak my moedeloos moeg en die tjek sê ook als is verniet
Toe breek ek maar weg want die wêreld is reg want ek’s eindelik klaar met die spul
En die naald bly dwaal net so regs van nul want ek maak net soos ek wil

Daar’s ‘n ietsie te sê vir min rykdom hê want ‘n rand is soms soos ‘n fortuin
As die wiele rol en die tenk is vol word die sorge agter jou klein
Die vryheid is soet, die trap op jou voet en die enjin word dromerig stil
Want die naald bly dwaal net so regs van nul en jy maak net soos jy wil

Want die naald bly dwaal net so regs van nul en jy maak net soos jy wil

Curiosidades sobre la música Ek Maak Net Soos Ek Wil del Laurika Rauch

¿Cuándo fue lanzada la canción “Ek Maak Net Soos Ek Wil” por Laurika Rauch?
La canción Ek Maak Net Soos Ek Wil fue lanzada en 1983, en el álbum “Vir Jou”.

Músicas más populares de Laurika Rauch

Otros artistas de Schlager music