Die Stout Kat
Ons kat was gister drie jaar oud en oom Servaas beweer
Dis oud genoeg om kattekwaad, nou eenmaal af te leer
Nou eenmaal af te leer
En tog, dit spyt my om te sê, ons kat is regtig stout
En traak nie as ‘n mens hom knor oor een of ander fout
Oor een of ander fout
Herhaalde male sê ons hom, jy moenie muisies moor
Nog minder mossies maar verniet, die stouterd wou nie hoor
Die stouterd wil nie hoor
Ons het al oom Servaas gevra mismoedig wat te maak
Hy skud sy kop en sê dit is, nogal ‘n lastige saak
Nogal ‘n lastige saak
Ons weet dit is, ons moet maar nou van vooraf weer probeer
Om in sy vierde jaar ons kat van kleins af weer te leer
Van kleins af weer te leer
Dan sal hy later, ag ek weet, dit sal bra moeilik gaan
Nie meer geniepsig met sy klou ‘n klein swak muisie slaan
‘n Klein swak muisie slaan
Nie meer loop skuil soek in die gras om voëltjies te bekruip
En as hy nie wil hoor nie
Sal ons oompie hom versuip