Die Reis

Daar’s ’n ster wat skyn in die donker nag en hy skyn oor my en dit wys die pad
Waarheen dit lei sal ek nie kan sê, maar ek weet dat daar ’n toekoms lê

Daar’s ’n wind wat waai op ’n warm dag en hy waai oor my en dit koel my af
Of dit reën gaan bring sal ek nie kan sê, maar ek weet dat die wind weer sal gaan lê

En ek’s op my knieë
Ja, ek kniel alweer
Hoor my as ek smeek
Dat die sterre altyd oor my skyn en die winde in my seile bly

Daar’s ’n rivier wat druis tot by die oseaan en hy spoel oor my en dit sleur my saam
Waarheen dit vloei sal ek nie kan sê, hoe weet mens wat agter daardie horison lê

Daar’s ’n stem wat roep en hy roep my naam en hy gaan op reis en nooi my saam
Waarheen ons gaan sal ek nie kan sê, maar ek glo elke woord wat die stem vir my sê

En ek’s op my knieë
Ja, ek kniel alweer
Hoor my as ek smeek
Dat die waters my weer skoon kom spoel en die stem my lei na ’n groter doel

Músicas más populares de Laurika Rauch

Otros artistas de Schlager music