Die Mense Wat Ek Lief Het

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Daar laat ek hul na hartelus gedy

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie

En as daar 'n oorlog kom
Word die mense wat ek lief het
'n Ekstra liefdeslaag om my

So marsjeer ek deur die wêreld
Gepanserd teen die vuur
Die onpasperheid self
Ek met my menskombersie

Maar as iemand wat op my gegroei het
Weg moet gaan
Dan sit daar 'n seerplek
Dan sluip ek deur die wêreld, die kwesbaarheid self
Ek met my seerplek wat net nie wil genees nie

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Daar laat ek hul na hartelus gedy

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie

Curiosidades sobre la música Die Mense Wat Ek Lief Het del Laurika Rauch

¿Cuándo fue lanzada la canción “Die Mense Wat Ek Lief Het” por Laurika Rauch?
La canción Die Mense Wat Ek Lief Het fue lanzada en 1979, en el álbum “Debuut”.

Músicas más populares de Laurika Rauch

Otros artistas de Schlager music