Bly Nog So Bietjie (Ek Mis Jou)

Ek mis jou as ek koffie maak
Ek mis jou as ek stryk
Ek mis jou in die middae na werk
Ek mis hoe jy lyk

As ons praat op die telefoon kan ek jou skaars hoor
As jy sê jy is lief vir my
Dan mis ek jou van voor

Bly nog so bietjie hier by my
Sit nog so ‘n rukkie hier langs my
Bly nog so bietjie hier naby my voor jy weer huis toe gaan

Ek was heeltemal tevrede
Ek was heelemal okay
Ek het aangegaan op my eie
Ek was heeltemal vry

Maar as die liefde jou geraak het voel vryheid soos ‘n tronk
As die liefde in jou bloedstroom kom
Dan maak dit jou skoon dronk

Bly nog so bietjie hier by my
Sit nog so ‘n rukkie hier langs my
Bly nog so bietjie hier naby my voor jy weer huis toe gaan

Dae voel soos weke, die weke soos maande
Die ure apart voel soos dekades so bly nog so bietjie hier by
Sit nog so ‘n rukkie hier langs my
Bly nog so bietjie hier naby my voor jy weer huis toe gaan

Voor jy weer huis toe gaan
Voor jy weer huis toe gaan

Curiosidades sobre la música Bly Nog So Bietjie (Ek Mis Jou) del Laurika Rauch

¿En qué álbumes fue lanzada la canción “Bly Nog So Bietjie (Ek Mis Jou)” por Laurika Rauch?
Laurika Rauch lanzó la canción en los álbumes “Hart en See” y “Wals, Wals Willemien” en 2014.

Músicas más populares de Laurika Rauch

Otros artistas de Schlager music