Begin Somer (Vir Simone)
Begin somer en die see ‘n oopgebreekte kweper, die lug soos ‘n kind se ballon ver bo die water

Onder die sambrele soos gestreepte lekkergoed miere van mense
En die gul lag van die baai het goue tande
En die gul lag van die baai het goue tande
Begin somer en die see ‘n oopgebreekte kweper, die lug soos ‘n kind se ballon ver bo die water
Kind met die geel emmertjie en die vergete vlegsel
Jou mond is sekerlik ‘n klokkie, kleintongetjie klepeltjie
Jy bespeel in die son daglank soos ‘n ukelele
Jy bespeel in die son daglank soos ‘n ukelele
Begin somer en die see ‘n oopgebreekte kweper, die lug soos ‘n kind se ballon ver bo die water
Begin somer en die see ‘n oopgebreekte kweper, die lug soos ‘n kind se ballon ver bo die water
Die lug soos ‘n kind se ballon ver bo die water