Toe Was Ek 'n Kind

Ek onthou so van my jong dae
Die radio die nuus voorlees
Dan dink ek ver name gehoor
Plekke waar ek wou wees

Casablanca en Siam
Waikiki en Amsterdam
Dan sien ek groot wit seilskepe
En wens ek hulle neem my saam

Ek wou die Amazone woude stap
Kilimanjaro by myself uittrap
Ek wou die bulle in Spanje baklei
Verlief raak op 'n meisie in Marseille

Ek wou die wydte van Grand Canyon kyk
Saam met Neil Armstrong na die volmaan reik
Daar was so baie plekke om te soek
Soveel avonture om te boek

Toe was ek 'n kind, gedink soos 'n kind
Geglo soos 'n kind, ek sou dit alles kon vind
Maar kind wees se stories gaan almal verby
Tot daardie grysheid jou eendag kom kry

Die grysheid het tog my troos gebring
Dinge waaroor ek wou kan song
Vredes en vreugdes van net tuis bly
Het herinneringe my kom kry

Ou boet se eerste waggel tree
Sussie se haasbek lag
Trane in elk se eerste skool dag
Bly wees oor matriek uitslag

Nou sit die kleingoed op Oupa se skoot
Gaan hulle weg, verlang ons ons dood
Maar Oupa en Ouma reis die wêreld deur
Met stories wat die kleingoed ons leer

Van Madagaskar en Lion King
Oupa moet dit kyk, Ouma moet dit sien
So bottel vreugde sy't klein hartjies uit
Want niemand kan die liefde stuit

En nou is hulle kinders wat dink soos 'n kind
Glo soos 'n kind dat hulle alles kon vind
Maar kind wees se stories gaan almal verby
En dan sal net die liefde bly

En nou is hulle kinders wat dink soos 'n kind
Glo soos 'n kind dat hulle alles kon vind
Maar kind wees se stories gaan almal verby
En dan sal net die liefde bly
En dan sal net die liefde bly
En dan sal net die liefde bly

Músicas más populares de Lance James

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)