Lied Van Hoop

Soos die stormwolke verdwyn
Sal die son weer kom skyn
Dis 'n koue seisoen wat in my hart ontvries

Uit 'n moeder skoot gedoop
Is die tekens van hoop
Seisoene vasgevang in emosie van tyd

Kom weer, kom wind
Jaag die wolke aan
Die son sal skyn
Diep binne my

Kom sing, kom dans
Laat jou hande juig
Steek die vakkels aan
Laat vreugdesvure brand

As die wêreld draai om sy as
En die mense sy voorspoed verraai
Die Melkweg sal lei en die donker nag verdwyn

Kruip kerse wat ontplof
Gesiggies verdof
Genadelose dade van die tyd

Kom weer, kom wind
Jaag die wolke aan
Die son sal skyn
Diep binne my

Kom sing, kom dans
Laat jou hande juig
Steek die vakkels aan
Laat vreugdesvure brand

Lig jou vredesvlag, hou hom hoog
Laat jou liggie helder skyn
Spreek woorde van hoop, dis tyd om jou man te staan

Vroue, families en kinders
Herenig in geloof
Bly volhard en brand 'n kers van hoop

Kom weer, kom wind
Jaag die wolke aan
Die son sal skyn
Diep binne my

Kom sing, kom dans
Laat jou hande juig
Steek die vakkels aan
Laat vreugdesvure brand

Jaag die wolke aan
Die son sal skyn
Diep binne my

Kom sing, kom dans
Laat jou hande juig
Steek die vakkels aan
Laat vreugdesvure brand

Músicas más populares de Lance James

Otros artistas de Middle of the Road (MOR)