Slaap my Kind
Slaap my kind
Want dis Kersfeesnag
En al ons land se liefde
Is gebêre in Sy hand
Slaap my kind
Gaan slaap nou sag
Gaan droom dis ‘n dag van vrede
In ons mooiste mooiste land
Ek sien jou stap uit die noorde
Na die grootste kremetartboom
En daar sal die mense al die liedere sing
Van die magtige Umkhosi
En die aandster die kom al nader
En die oumense sing van ‘n stad
En net soos ons voorvaders al jare gedoen het
Volg hulle lankal die pad
Slaap my kind
Want dis Kersfeesnag
En al ons land se liefde
Is gebêre in Sy hand
Slaap my kind
Gaan slaap nou sag
Gaan droom dis ‘n dag van vrede
In ons mooiste mooiste land
Ek sien hulle stap na die suide
Na die skaduwee van ‘n berg
Maar die ritme van wind en gebruis van die see
Die strande vir ewig sal terg
Hulle kom na die plek van die kind
Want dis hier waar jy leer om te loop
En as jy gerus het en kalmte vind
Dan is dit tyd om te hoor
Slaap my kind
Want dis Kersfeesnag
En al ons land se liefde
Is gebêre in Sy hand
Slaap my kind
Gaan slaap nou sag
Gaan droom dis ‘n dag van vrede
In ons mooiste mooiste land
So kom laat ons stap uit die noorde
Na die grootse Kremetartboom
En daar sal die mense al die liedere sing
Van die magtige Umkhosi
Kom saam na die plek van die kind
Want dis hier waar jy leer om te loop
En as jy gerus het en kalmte vind
Dan is dit tyd om te hoor
Slaap my kind