Net Jy Alleen
Daar is ‘n wêreld sonder skaam
En dit dra jou mooiste naam
Ek lewe in jou
Daar is ‘n land van minder vrees
Waar ‘n man ‘n man kan wees
En op dit kan ek bou
Liefde onbeskryfbaar liefde
En ek weet dat ek leef
En ek lewe vir jou
Vreugde o ek weet ek’s tevrede
Ja ek voel dat ek sweef
En my hart sal onthou
Jy is die son
Jy’s die mooiste sekelmaan
Jy’s die een wat sal verstaan
Al raak ek hoe verlore
Jy is die wind
Jy’s die roepstem van die see
En ek sing jou weer en weer
Net jy alleen
Daar is ‘n wêreld van geluk
Daar’s ‘n wêreld sonder druk
Ek lewe in jou
Daar is ‘n land van wel en weë
Ek onthou nog elke tree
Ek het alles beskou
Liefde onbeskryfbaar liefde
En ek weet dat ek leef
En ek lewe vir jou
Vreugde o ek weet ek’s tevrede
Ja ek voel dat ek sweef
En my hart sal onthou
Jy is die son
Jy’s die mooiste sekelmaan
Jy’s die een wat sal verstaan
Al raak ek hoe verlore
Jy is die wind
Jy’s die roepstem van die see
En ek sing jou weer en weer
Net jy alleen
Jy is die son
Jy’s die mooiste sekelmaan
Jy’s die een wat sal verstaan
Al raak ek hoe verlore
Jy is die wind
Jy’s die roepstem van die see
En ek sing jou weer en weer
Net jy alleen