Medalje vir Ma
Die eerste keer het ek geskree en Ma’t gesê dit klink soos 'n engel
Vir my
Jy’t my warm teen jou vasgehou en lullabyes
Gesing tot ek slaap
My eerste tree toe ek dit gee het Ma vir my gevang toe ek struikel
Onthou jy?
'n Pleister opgeplak en met 'n soen gesê
Al’s is okay
'n Medalje vir Ma
Vir elke keer wat Ma vir my moes dra
Sonder om te vra
Met elke keer is Ma nog altyd daar
'n Medalje vir Ma
Want Ma het nooit 'n lewensles gemis ooh hoo hoo hoo
'n Medalje vir Ma
Want daar’s iets van Ma in alles wat ek is
My eerste dag op skool was net te groot vir my
Maar jy het in my skadu
Gebly
My tienerjare moeilikheid jy was bereid
Om my te aanvaar
Ek wou ook die nes verlaat my vlerke sprei
Ma was my anker my anker
En toe ware liefde my kom haal
Was Ma se hart my hart se skaal
'n Medalje vir Ma
Vir elke keer wat Ma vir my moes dra
Sonder om te vra
Met elke keer is Ma nog altyd daar
'n Medalje vir Ma
Want Ma het nooit 'n lewensles gemis ooh hoo hoo hoo
'n Medalje vir Ma
Want daar’s iets van Ma in alles wat ek is
Want daar’s iets van Ma in alles wat ek is