Langebaan se Blou
Te lank het ek gewag
Voor die vensters van jou hart
En te ver het ek gesoek
So bedremmeld en verward
Vir alles wat jy sê
En alles wat jy doen
Soos die liefde in jou lê
En die vreugde wat jy vir ons bring
Hier is ek vanaand
Soos ‘n boom wat net bly staan
En ek wonder of ek ooit
Sonder jou sal weg kan gaan?
Maar vir alles wat jy is
En vir alles wat jy sê
En die way wat jy dit doen
Soos tequila en suurlemoen
Maar waar staan ons nou?
Op Langebaan se blou
En wie sal jou huis toe bring
En sing?
Want hier sal ek bly
Totdat alles verdwyn
En wie weet die son
Sal oor jou skyn
Jou skyn
Te lank het ek gewag
Voor die holtes van jou lyf
En te ver het ek gesoek
Na die brief wat jy sou skryf
Vir alles wat jy is
En alles wat jy doen
En die vreugde wat jy bring
Is die songs wat ek vir jou sing
Hier staan ek alweer
Voor die vensters van jou hart
En ek wonder hoe jy voel
Of jy alles ooit bedoel?
Want vir alles wat jy is
En vir alles wat jy sê
Vanaand
Fluister my na die maan
Maar waar staan ons nou?
Op Langebaan se blou
En wie sal jou huis toe bring
En sing?
Want hier sal ek bly
Totdat alles verdwyn
En wie weet die son
Sal oor jou skyn
Jou skyn
Oor jou skyn
Oor jou skyn