Fluit Fluit
Onthou jy die prins die pampoen en die skoen?
Aspoestertjie was toe die een
Maar haar stiefma het haar in die woude gelos
Daar’s baie meer vleis om die been
Sy het haarself met ‘n kappie vermom
Vermom met ‘n kappie van rooi
Toe sy by die ouma se houthusie kom
Het die varkies haar binne genooi
So wat van die ouma houtkapper en wolf?
Jy dink jy ken die storie maar eintlik ken jy niks (Hey)
Fluit fluit my storie is nie uit nie
Almal vang ‘n vis maar die visse wil nie byt nie
Fluit fluit my storie is nie uit nie
Hoofstuk is verby maar die boek is nie gesluit nie
Hoofstuk is verby maar die boek is nie gesluit nie (Hey)
Die sewe klein dwergies het haar toe gevind
Waar rooikappie stil lê en slaap
Sy’t haar vinger geprik met ‘n giftige naald
As slapende skoonheid ontwaak
Diep in die bos het sy eendag gesing
Wie gaan my prins vir my bring?
Alleen langs die dam daar gesit en verlang
‘n Padda het langs haar gekwaak
So wat van die ouma houtkapper en wolf?
Waar’s die sewe dwergies die heksie en die prins?
Jy dink jy ken die storie maar eintlik ken jy niks (Hey)
Fluit fluit my storie is nie uit nie
Almal vang ‘n vis maar die visse wil nie byt nie
Fluit fluit my storie is nie uit nie
Hoofstuk is verby maar die boek is nie gesluit nie
Hoofstuk is verby maar die boek is nie gesluit nie
So wat van die ouma houtkapper en wolf?
Waar’s die sewe dwergies die heksie en die prins?
Jan se ma se koei en die reuse boontjierak?
Hansie en sy Grietjie en die draak se groot seer tand?
Die gezoema van die bye en die toeter turksvye
Jy dink jy ken die storie maar eintlik ken jy niks (Hey)
Fluit fluit my storie is nie uit nie
Almal vang ‘n vis maar die visse wil nie byt nie
Fluit fluit my storie is nie uit nie
Hoofstuk is verby maar die boek is nie gesluit nie
Hoofstuk is verby maar die boek is nie gesluit nie (Hey, hey)