Ek Kan Nie Langer Wag Nie

Al die veld en die lente was vrolik
Met jou oë my gevang vir ‘n oomblik
Wie is jy waar kom jy vandaan?
Sê my waar kry jy jou naam? (Waar kry jy jou naam?)

Ek het geweet dat jy weet wat ek daar voel
Sonder woorde kon ek sien jy bedoel
Waaroor waaroor jy nog droom
Ons twee
Onder ‘n koelteboom
Sit ons en droom

Ek kannie kannie kannie kannie langer wag om jou weer te sien nie
Ek kannie kannie kannie wag om by jou te wees nie
Jy’s my dagdroomkind my warrelwind
Met 'n gras gevlegde ring het ek en jy mekaar gevind

Met jou glimlag so sag en oulik
Jy is skoonheid vir my eenvoudig
Wie is jy waar kom jy vandaan?
Kannie glo jy noem my op my naam

Wie sou kon dink sou kon raai wat sou gebeur
Regte oomblik in tyd klop aan jou deur
Hier’s ek nou kan ons weer droom?
Ons twee
Onder ‘n koelteboom
Sit ons en droom

Ek kannie kannie kannie kannie langer wag om jou weer te sien nie
Ek kannie kannie kannie wag om by jou te wees nie
Jy’s my dagdroomkind my warrelwind
Met 'n gras gevlegde ring het ek en jy mekaar gevind

Drome kan mos waar word
As dit reg begin en aangeblaas word
Daar’s nie regtig reëls nie
Daardie kronkelpad het ons twee saam gevat

Ek kannie kannie kannie kannie langer wag om jou weer te sien nie
Ek kannie kannie kannie wag om by jou te wees nie
Jy’s my dagdroomkind my warrelwind
Met 'n gras gevlegde ring het ek en jy mekaar gevind
Met ‘n gras gevlegde ring het ek en jy mekaar gevind

Músicas más populares de Kurt Darren

Otros artistas de