Die Verloorder
Ek sit elke nag gevange
In die drade van jou web
Waar ek stil moet bly en hoop
Tot ek nooit weer heimwee het
Maar ek sien nog steeds die lyne
Van jou lippe op my glas
En die vorm van jou lyf op my matras
Bind my hande langs my liggaam
En nog steeds hou ek jou vas
Vou 'n blinddoek voor my oë
En ek sien jou met my hart
Maak dan beide ore doof
En ek sal steeds hoor wat jy sê
Ek is die verloorder
Die verloorder
Verlore in 'n ongelyke geveg
Ek lê elke nag geketting
Aan 'n ketting van genees
En ek kan nie weer beweeg nie
Tot die pyn gebroke is
In die kamer lê die skerwe
Van ons lewens op die grond
En ek proe nog steeds jou trane in my mond
Bind my hande langs my liggaam
En nog steeds hou ek jou vas
Vou 'n blinddoek voor my oë
En ek sien jou met my hart
Maak dan beide ore doof
En ek sal steeds hoor wat jy sê
Ek is die verloorder
Die verloorder
Verlore in 'n ongelyke geveg
Jy agtervolg my waar ek gaan
Waar ek is en waar ek staan
Jy is die skadu agter my
Elke sekonde van die dag
Hoor ek jou stem sien ek jou lag
Want heel laat jy my hart weer vry
Of ek sal nou weer moet vlug
Maar ontsnapping maak geen sin
Uiteindelik haal jy my tog weer in
Bind my hande langs my liggaam
En nog steeds hou ek jou vas
Vou 'n blinddoek voor my oë
En ek sien jou met my hart
Maak dan beide ore doof
En ek sal steeds hoor wat jy sê
Ek is die verloorder
Die verloorder
Verlore in 'n ongelyke geveg