Afrikaans is Alles

Afrikaans is alles vir my

Hoe sê 'n mens dis lekker in 'n ander taal
So lekker soos 'n liedjie as die ritme val
Sê dit as dit is ja
Ja ons taal is mooi

Rof aan die tong of altyd sag op die oë
My huis is by my hart as ek'it om my hoor
Sê dit soos dit is ja
Ja ons taal is mooi

Ons kan sing
En ons kan dans ja
Ons maak ons eie goeie tye
Ons het musiek wat aan jou hart vat
Ons kan nou altyd 'n pos uitkuier

Afrikaans, Afrikaans is alles vir my
Afrikaans, Afrikaans is alles
Die taal waarin ek drome droom, die taal wat deur my are stroom
Afrikaans is alles vir my

Ek hoor dit as die sekelbos vure brand
Klink soos geelvet biltong gekerf met die hand
Sê dit as dit is ja
Ja ons taal is mooi

Saamsing by 'n fees of by 'n sokkie dans
Dis lekker om te lewe in Afrikaans
Sê dit soos dit is ja
Ja ons taal is mooi

Ons kan sing
En ons kan dans ja
Ons maak ons eie goeie tye
Ons het musiek wat aan jou hart vat
Ons kan nou altyd 'n pos uitkuier

Afrikaans, Afrikaans is alles vir my
Afrikaans, Afrikaans is alles
Die taal waarin ek drome droom, die taal wat deur my are stroom
Afrikaans is alles vir my

Ons kan sing
En ons kan dans ja
Ons maak ons eie goeie tye
Ons het musiek wat aan jou hart vat
Ons kan nou altyd 'n pos uitkuier

Ons kan sing (Ja ons kan sing)
En ons kan dans ja (Ja ons kan dans ja)
Ons maak ons eie goeie tye (Eie goeie tye)
Ons het musiek wat aan jou hart vat
Waar die kranse antwoord, kranse antwoord U (Antwoord U)

Afrikaans, Afrikaans is alles vir my (Alles vir my)
Afrikaans, Afrikaans is alles
Die taal waarin ek drome droom, die taal wat deur my are stroom
Afrikaans is alles vir my

Afrikaans is alles vir my

Músicas más populares de Kurt Darren

Otros artistas de