Brief Aan My Pa
Hartseer het my kom opsoek
Kwaadheid wat binne in my woed
Beweeg jy aan en vat net die pyn
Wens ek kan dit laat verdwyn
Ek skryf 'n brief aan my pa oor my seer
Daar is geen antwoord maar ek probeer
So baie vrae oor hoe dit kon gebeur
So baie vrae
So ek skryf 'n brief
My belowe jy gaan altyd daar wees
Nou is daar stilte waar woorde moes wees
Probeer om te bid en aanhou bybel te lees
Hul sê mos tyd sal die wonde genees
Ek skryf 'n brief aan my pa oor my seer
Daar is geen antwoord maar ek probeer
So baie vrae oor hoe dit kon gebeur
So baie vrae
So ek skryf 'n brief aan my pa
Sal al die goeie tye in my hart dra
Die stukkies op tel al is dit hoe swaar
Ek skryf 'n brief aan my pa oor my seer
Daar is geen antwoord maar ek probeer
Ek skryf 'n brief aan my pa oor my seer
Daar is geen antwoord maar ek probeer
So baie vrae oor hoe dit kon gebeur
So baie vrae
So ek skryf 'n brief aan my pa