As Dit Reen

Dis nie altyd maklik om te praat nie
Bly eerder stil en moenie vra nie
My gedagtes jaag my heel aand rond dis ongesond
En ek weet jy

Is al lankal nie meer vir my kwaad nie
Maar die spoke wil nie op hou pla nie
Ek voel jou as dit donker word en ek kan sien hoe jy daar staan

Sê dis te laat
Sê dis te veel gewees

As dit reën, voel ek ligter soos die water loop
As dit reën gee die stormwolke my weer hoop
As dit reën voel ek trane oor my wange loop
Dis te veel, dis te laat, sal vir altyd in die reën bly staan

Vir lank kon ek nie asem haal nie
Niemand anders sou jou kon vervang nie
Met die tyd het ek myself herbou en opgestaan ek's klaar met jou

Oor die verlede is ek nie meer skaam nie
En jou foto's is nie meer geraam nie
Met die son opkoms het jy verdwyn en ek kan dit finaal laat vaar

Jy was te laat
Jy was te veel gewees

As dit reën voel ek ligter soos die water loop
As dit reën gee die stormwolke my weer hoop
As dit reën voel ek trane oor my wange loop
Dis te veel, dis te laat, sal vir altyd in die reën bly staan

Maak elke dag my hart weer oop
Laat die water val, laat die riviere loop
Vergeet van alles want dit neem my oor
Al my mure val maak my begin van voor

As dit reën voel ek ligter soos die water loop
As dit reën gee die storm wolke my weer hoop

As dit reën voel ek trane oor my wange loop
Dis te veel, dis te laat sal vir altyd in die reën bly staan

Dis te veel, dis te laat sal vir altyd in die reën bly staan (As dit reën)

Músicas más populares de Karlien Van Jaarsveld

Otros artistas de Pop rock