Want As Ek Droom

As ek staan, staan ek alleen
Ek wonder weer
Wat nou?
Ek wil meer as net oorleef
Die einde kom so gou

Elke keer
Wat ek weer probeer
En oor begin
Weet ek, ek sal moet
Elke maal
Weer die prys betaal
Jy lag my uit, ek maak my oë toe

Want as ek droom, voel ek die oomblik
Want as ek droom, is ek al daar
Want as ek droom, is als vergete
Want as ek droom, kan ek weer staan
Net as ek droom
Net as ek droom

Ek sal val
Ek sal opstaan
Selfs al kry ek seer
Waar's die deur wat oop sal gaan?
Die kans wat ek begeer?
Nog 'n keer
Wat ek weer probeer
En oor begin
My voete ken die pad
Elke maal
Sal ek die prys betaal
Jy lag my uit, ek maak my oë toe

Want as ek droom, voel ek die oomblik
Want as ek droom, is ek al daar
Want as ek droom, is als vergete
Want as ek droom, is als volmaak

Gee my 'n kans, om myself te kan wees
Gee my 'n kans, om te gee
Gee my 'n kans, om my droom uit te leef
Gee my 'n kans, gee my 'n kans
Gee my 'n kans

Want as ek droom, voel ek die oomblik
Want as ek droom, is ek al daar
Want as ek droom, is als vergete
Want as ek droom, kan ek weer staan
Net as ek droom
Net as ek droom
Net as ek droom

Músicas más populares de Karen Zoid

Otros artistas de Pop rock