Waar Was Jy

Hulle't my vertel van ‘n rebel
Verwilderd sonder wooning
Hy rebel in ‘n sel
Môre is jy koning

Vlenter kinders, somers winters in die wind en weer
Party mense het niks gedoen nie
Party het te hard probeer

‘n Wêreld groot, ‘n wêreld klein
Vol geluk en ook pyn
Bloos of blik, ons verdwyn
Kan jy onthou waar was jy?

Twee vroue in die koue
Wat aan ruikers klou
Die een staan langs ‘n kind se graf
Die ander ene trou

Daar was bomme daar was blomme
En keer op keer
Het die magiese en die verdomde ons altyd iets geleer

‘n Wêreld groot, ‘n wêreld klein
Vol geluk en ook pyn
Bloos of blik, ons verdwyn
Kan jy onthou waar was jy?

Torings tuimel
Hand op die Bybel
Jy skud jou kop want jy wil verstaan

Liefde bedowing
Vrede verower
Om die storm water stil te maak

Ons is groot ons bly klein
In geluk en ook pyn
Bloos of blik, ons verdwyn
Kan jy onthou waar was jy?

‘n Wêreld groot, ‘n wêreld klein
Vol geluk en pyn
Bloos of blik, als verdwyn
Kan jy onthou waar was jy?

‘n Wêreld groot, ‘n wêreld klein
Vol geluk en pyn
Bloos of blik, ons verdwyn
Kan jy onthou waar was jy?

Músicas más populares de Karen Zoid

Otros artistas de Pop rock