Voshaarnooi

Bantam hom só
Flennie die snare
Ek is verlief op dié kind

Die son slaan vuur uit die sweet voshare
Ek is verlief op dié kind

Hoor jy meisie met die sweet voshare
Verstaan jy die praat van die ramkie snare
Ek is verlief op dié kind

Lappa lei vir Bella koud
In Waboomskloof se geel bossies
Lappa maak vir Bella stout
Met Hanepoot se natrossies

Donkerrooi, die wingerdblaar
Warmrooi, die mond van haar
My hart blom wit
Vir dié voshaarnooi
Pluk heide van
Die rooiste rooi
Vir hierdie einste voshaarnooi

Bellabint, my meisiekind
Dis hartblom wit, dis heiderooi
Bellabint, my meisiekind
Dis hartblom wit, dis heiderooi
Vir jou my voshaar meisiekind

Hoor jy meisie met die sweet voshare
Verstaan jy die praat van die ramkie snare
Ek is verlief op dié kind

Hoor jy meisie met die sweet voshare
Verstaan jy die praat van die ramkie snare
Ek is verlief op dié kind
Ek is verlief op dié kind

Músicas más populares de Karen Zoid

Otros artistas de Pop rock