LIG BUIG

Met liefde gegee, met liefde gevang
Geskep met ‘n lepel, gegooi met ‘n tang
Die lewe is kort, die lewe is lank
In ewige vrees, in ewige dank

En lig buig deur die water
En lig buig deur die water
En lig buig deur die water van jou glas
En lig buig deur die water
En lig buig deur die water
En lig buig deur die water van jou glas

‘n Fotograaf
Volg net die lig
Jou angle bepaal
Jou straal se gewig
Een lens vir vêr
Een lens vir dig
Druk net die knoppie
Ontspan jou gewrig

En lig buig deur die water
En lig buig deur die water
En lig buig deur die water van jou oë
En lig buig deur die water
En lig buig deur die water
En lig buig deur die water van jou oë

Wil jy die wêreld verstaan
Draai jou rug op hom
Net vir ‘n oomblik
Dit werk soos ‘n bom
Die waarheid is swart
Die waarheid is wit
Die waarheid is tog gewoonlik absurd

En lig buig deur die water
En lig buig deur die water
En lig buig deur die water van die see
En lig buig deur die water
En lig buig deur die water
En lig buig deur die water van die see

Músicas más populares de Karen Zoid

Otros artistas de Pop rock