KYK MOOI NA JOUSELF

Elke môre as ek opstaan, sien ek iemand kla
Dis ‘n wêreld vol belewenis en meeste mense vra
Hoekom, hoekom, hoekom, wanneer, wanneer, waar
Elke middag hier om 12 uur, klap die ou kanon
En skiet vir oulaas blanks om sy hartseer te vermom
Dit maak my bietjie sad, dit maak my bietjie bang

Kyk mooi na jouself
Baby, baby
Die wind en weer
Die roes en reën, dis alles deel daarvan
En ek cope nie goed daarmee nie
So kyk mooi
Na jouself

Elke skemer op die promenade
Staar ek na die son
Die een wat my wil dood brand
Die een wat my laat blom
My eksistensiële krisis snuif ek in soos gom
Ek speel op my kitaar
Ek ry rond op my fiets
Ek teken soms ‘n prentjie
Partykeer skryf ek iets
Maar sunsets is maar sad sonder jou in die gebied

Kyk mooi na jouself
Baby, baby
Die wind en weer
Die roes en reën
Dis alles deel daarvan
En ek cope nie goed daarmee nie
So kyk mooi
Na jouself

Met plesier
En met pyn
En met water
En met wyn
En ek weet ek cope nie goed daarmee nie
En ek weet, weet, weet, weet
En ek weet ek cope nie goed daarmee nie
En ek weet, weet, weet, weet
En ek weet ek cope nie goed daarmee nie
En ek weet ek cope nie goed daarmee nie
En ek weet ek cope nie goed daarmee nie
En ek weet ek cope nie goed daarmee nie

Kyk mooi na jouself
Baby, baby
Kyk mooi na jouself
Baby baby
Die wind en weer
Die roes en reën
Dis alles deel daarvan
En ek cope nie goed daarmee nie
Ek cope nie goed daarmee nie

Músicas más populares de Karen Zoid

Otros artistas de Pop rock