Jy Soen My Nie Meer Nie [Live]

Ek kan onthou hoe jy by my pas
Ek kan onthou hoe perfek dit was
En ek soek na jou
En my hart voel rou

Ek's goed genoeg as dit vir jou pas
Maar skuins ná twaalf is ek net 'n las
En dit maak my so seer
Wanneer sal ek ooit leer

Want jy soen my nie meer nie
Soen my nie meer nie
En ek mis hoe dit was
En jy maak met my hart soos klei
Dis die skoen wat jou pas

Hoe kyk 'n mens deur jou hart se lens
Ek kyk en probeer alles reg te wens
As ek weet dis te laat
Hoe volg ek my eie raad
Want ek's nou gebreek
Alles net oor jou
Voel jou mes in my steek
Het jy geen berou
Eendag sien ek jou weer
Voel jy ook nou die seer

Want jy soen my nie meer nie
Soen my nie meer nie
En ek mis hoe dit was
En jy maak met my hart soos klei
Dis die skoen wat jou pas

Was dit te koud vir jou harde lyf
Of was ek net moeg dat jy my so rondskuif
Want kyk nou hoe leeg staan ons fotoraam
Want jy het ons kans laat verbygaan

Want jy soen my nie meer nie
Soen my nie meer nie
En ek mis hoe dit was
Jy maak met my hart soos klei
Dis die skoen wat jou pas

Want jy soen my nie meer nie
Soen my nie meer nie
En ek mis hoe dit was
En jy maak met my hart soos klei
Dis die skoen wat jou pas

Want jy soen my nie meer nie
Soen my nie meer nie
En ek mis hoe dit was
En jy maak met my hart soos klei
Dis die skoen wat jou pas

Músicas más populares de Karen Zoid

Otros artistas de Pop rock