Amper Daar

Ek't 'n rede gevind om uit die bed uit te klim
Om asem te haal
Om vrede te maak met wie ek is
(Met wie ek is)

Jy is my rots
Jy't my gered
Jy is my huis
Jy's als wat ek nodig het
(Als wat ek nodig het)

Hulle sê ons is mal
Maar ek weet dit lankal
Saam het ons 'n hemel in die wolke gesoek

En ons is amper daar
En ons is amper daar
Nie so mal soos ons gedink het nie

En ons is amper daar
Al was ons deurmekaar
Dis nie om net dat ek jou nodig het nie
Ek het jou lief
(Ek het jou lief)

(Ek het jou lief)

Ons het 'n nuwe kleur in die reënboog gevind
Stukkies goud aan ons harte gebind
Van vooraf begin

Deur al die geraas gee jy my rus
Jy maak my soms kwaad
Dis maar net hoe dit is

Sover is ons nou saam
Ons sal verder kan gaan
Saam gaan ons die ligpunt in die donker moet soek
(Donker moet soek)

En ons is amper daar
En ons is amper daar
Nie so mal soos ons gedink het nie

En ons is amper daar
Al was ons deurmekaar
Dis nie om net dat ek jou nodig het nie
Ek het jou lief
(Ek het jou lief)

(Ek het jou lief)

(Ek het jou lief)

(Ek het jou lief)

Wil net hê jy moet weet
Wil net hê jy moet weet
Jy is my vlieër in die donderweer
Elektrisiteit in die atmosfeer
Wil net hê jy moet weet
Wil net hê jy moet weet
Wil net jou hê, wil jou net hê, moes jou net sê

En ons is amper daar
En ons is amper daar (Ek het jou lief)
Nie so mal soos ons gedink het nie (Ek het jou lief, ek het jou lief, ek het joy lief

En ons is amper daar
Al was ons deurmekaar (Ek het jou lief)
Dis nie om net dat ek jou nodig het nie
Ek het jou lief
(Ek het jou lief)

(Ek het jou lief)

(Ek het jou lief)

(Ek het jou lief)

(Ek het jou lief)

Músicas más populares de Janie Bay

Otros artistas de Folk pop