Raak Bietjie Rustig

Die lewe loop draaie met klomp kronkel paaie
Jy is op spoed maar die robot slaan rooi
Dalk is daar iets wat wil sê raak bietjie rustig

Jy spring uit die bed en jaag na die werk
Jy dink aan jou deadlines en jy sweet in die kerk
Maar dalk is daar iets wat wil sê raak bietjie rustig

Sit agteroor en skink ‘n glas wyn
Trek uit jou skoene vergeet van die pyn
Want jy glimlag vir almal maar nooit vir jouself
Jy pronk vir die wêreld maar jy raas met jouself
Ek sê sit agteroor en raak bietjie rustig

Die kinders word groot en ons bietjie oud
Die tyd jaag verby en ons jaag vir goud
Maar dalk is daar iets wat wil sê raak bietjie rustig

Ons jaag na die toekoms vergeet van die nou
Ons begasie raak swaarder ons wil aan alles vas klou
Maar dalk is daar iets wat wil sê raak bietjie rustig

Sit agteroor en skink ‘n glas wyn
Trek uit jou skoene vergeet van die pyn
Want jy glimlag vir almal maar nooit vir jouself
Jy pronk vir die wêreld maar jy raas met jouself
Ek sê sit agteroor en raak bietjie rustig

Ons wonder oor die toekoms bekommer oor ons land
Waarheen is gister waar gaan ons beland?
Ons jaag deur ons drome moet onsself altyd vind
Ons is kinders met Iphone’s, ons is kinders van die wind

Sit agteroor en skink ‘n glas wyn
Trek uit jou skoene vergeet van die pyn
Want jy glimlag vir almal maar nooit vir jouself
Jy pronk vir die wêreld maar jy raas met jouself
Ek sê sit agteroor en raak bietjie rustig
Sit agteroor en raak bietjie rustig

Músicas más populares de Jak de Priester

Otros artistas de Afrikaans